One AECI, for a better world

MOSSELBAAI NUUS - Die verspreiding van kospakkies vandeesweek was die eerste van die AECI-uitreike na die Suid-Kaap. 

Die groep het reeds skenkings van sowat R10 miljoen in ander dele van die land gedoen om onder meer die gevolge van Covid-19 teen te werk.

“Die AECI-groep is 'n maatskaplik-verantwoordelike groep van maatskappye wat belê in effektiewe gemeenskapsgerigte inisiatiewe deur die ontwikkeling en opheffing van kwesbare gemeenskappe rondom ons bedrywighede,” het Bernette Sekati, uitvoerende direkteur van AECI Water, gesê toe hy kospakkies aan die Mosselbaai-munisipaliteit oorhandig het.

Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het verwys na die munisipaliteit se insentiewesbeleid en die groep se ruim skenking verwelkom. "As u naaste aanlegte in Somerset-Wes in die Oos-Kaap is, oorweeg Mosselbaai gerus vir toekomstige uitbreiding of as die ideale halfpadstop.

Sekati het gesê AECI is 'n onderneming met 'n omgee-ingesteldheid, veral teenoor die jeug, die toekomstige leiers van ons land. Die waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het die AECI-afvaardiging verwelkom en bedank vir hul bydrae om nood te verlig.